Vrydag 15 Mei 2020

Wees dankbaar en bly; Jesus is reeds op die troon!

WAT KAN MENS NOG NUUT OOR CORONA SKRYF?
Kan mens nog iets nuuts sê tydens hierdie Corona virus inperking en almal se menings wat so vryelik op alle platforms gelees word?

  • Die onsekerheidsvrees het ons almal. Gaan ek ook nog siek word? Selfs dood gaan? Niemand weet regtig wat voorlê nie.
  • Die politici en al die sedige redes wat hulle aanvoer om die hele land in te hok, terwyl niemand hulle meer vertrou nie.
  • Die ekonomie wat ons almal laat knyp - sommige net baie erger as ander.
  • Om jou besigheid te sien taan, jou werk te verloor of die bedreiging dat jy volgende kan wees te midde van daardie onsekerheid hoe lank voor dit gaan gebeur.
WAT DINK EK?
Natuurlik is dit ernstig. Kan dodelik wees! Mense kan en gaan sterf, selfs die naby ons; onsself?

Maar juis in die tyd... Wat is my as gelowige se prioriteit waarop ek moet fokus; waarvan ek seker, absoluut seker kan wees?

Nie hierdie lewe en die bekommernis van ons elke dag se bestaan nie, maar die EWIGE LEWE! Sy Koninkryk bo alles! (Dis immers wat Jesus aan ons voorhou in Mat 6:25-34; die sorge van die lewe en die voëls en die lelies; vers 30 sê "moenie kleingelowige wees nie". v 32: Dit is dinge waaroor die "ongelowiges" begaan is. Ons Hemelse Vader weet mos wat ons nodig het.

Dus... Ontspan. Wees dankbaar en bly (soos 'n Paulus te midde van sy krisis in die tronk die Filippense oproep in Fil 4:4 en 1Tess 5:16-18);
Want...Ons Verlosser, ons Redder; ons Ruiter op die wit perd, Jesus, Hy is reeds op die troon! (Op 19), en niemand kan ons uit die hand van ons hemelse Vader ruk nie (Joh 10:28).
Daarom, Ontspan! Wees regtig DANKBAAR EN BLY!
JESUS is REEDS op die TROON!

Maar, daar is wel nog EEN DING, NEE TWEE.
1) Jou eie geloofsekerheid. Is jy verseker 'n Kind van God. Jy kan wees! (As jy nog nie is nie, gaan soek hulp. Nou is die tyd. Coronatyd is Genadetyd daarvoor! (as jy regtig nie weet waar om hulp te kry nie, welkom om my te kontak;
Chris Visser by Whatsapp +271957980)

2) Sending of Evangelisasie: Hulle wat rondom ons, en verder weg, steeds verlore is. Wil jy nie opnuut ook erns maak met ons Opdrag om ander wat Hom steeds nie ken nie, na Hom toe te nooi; die evangelie met hulle te deel.

Geen opmerkings nie: