Donderdag 23 April 2020

Hou kop met 'n Koninkryksgefokusde visie gedurende Lockdown

Regtige Goeie Wense toegewens.
Dit is tans moeilik om opreg vir jou goeie wense toe te wens. Mens kry so baie Sosiale Media materiaal in die tyd dat dit voel of mens oorladingsindroom ontwikkel. Maar ek wil dit vir jou toewens: Wees Regtig Geseënd 
(Lees gerus Num 6:24-27 en hoor in jou geestesoog hoe die priester dit oor jou uitspreek)
Ek dink die ou slang van ouds is baie bly dat ons so oorlaai word. Dis dalk sy strategie om die kinders van die Here so besig te hou dat hulle nie tyd het vir wat werklik saak maak nie. 

Wat maak werklik saak?
Almal sê die mooi goed: Gebruik die afsonderingstyd om by mekaar en veral nuut by die Here uit te kom. Maar intussen word die debatte oor die Coronavirus en die politiek en die ekonomie net meer robuust by die dag. 
Wat nodig is, meer as ooit tevore, behalwe geloof en al daai goed, is GESONDE VERSTAND, DISKRESSIE en ONDERSKEIDINGSVERMOË. 

Diskressie; Waar kry mens dit?
 Ek wil twee teksgedeeltes met jou deel: 
  • Fil 1:9-11 Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.
  • Rom 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
24 April begin die Moslems se Ramadan; Hoe raak dit ons?
In die volgende plasings op die Blog is interessante inligting daaroor. Lees dit gerus.

Dink daaraan dat meer as 1 uit elke 5 mense in die wereld vandag steeds onder daardie Godsdienstige vlag vaar. Baie van hulle weet nie van beter nie en ken nog nie die evangelie van God se liefde deur Jesus Christus nie. 
'n Meerderheid van hulle is net te bang om te luister daarna... die koste om te skuif is net te hoog. 
(Lees gerus die plasing van Nabeel Qureshi se getuienis hier. 
  • Hierdie plasing is vandag as deel van ons KoFie-projek baie wyd oor die internet gedeel, op die Blad: Conversation with Muslims (met tans 8,800 lede) 
  • Asook op 29 Groepe op Facebook waar veral Moslems dit sal kan lees (die totale leserstal op die groepe tel na raming 1,031,000). 
  • Dan gaan ons vandag verder 'n Advertensieveldtog loods om hierdie plasing op ons Blad regoor die wêreld aan nog meer Moslem lesers voor te hou. ('n Paar honderd Rand kan duisende mense bereik)
Dink net hoe 'boring' dit moet wees om die hele dag tuis te 'vas' - sonder kos te bly, 'n hele maand lank -  en weens die Korona virus nie Moskee toe te gaan en die aande die groot feeste te eet wat normaalweg daarmee saamgegaan het nie. 'n Wonderlike tyd vir mense om ernstig te begin wonder daaroor - watter waarde daarin is en of dit die waarheid is om so saligheid by Allah te verdien?

BID ASB DAARVOOR.
Wees regtig Geseënd (Onthou om Num 6:24-27 te lees)

Chris Visser (VisChris)
Koninkryksfokus - Kingdom Focus

Geen opmerkings nie: