Donderdag 03 Oktober 2019

Verslag van ons Korsika, Frankryk, uitreik:

Verslag van ons Korsika, Frankryk, uitreik:

Dankie vir almal wat vir ons Korsika uitreik die afgelope 2 weke gebid het. Ons kom DV Vrydag terug.
Ons het baie geleer, van hoe 'n gemeenskap met 'n hoë lewenstandaard, maar op hulle eie sonder GOD probeer leef. Minder as 1% evangeliese Christene. Wel Katolieke kerke, maar ook min aktief.
Ons span het 7300 Lukas evangelies, pamflette en uitnodigings in posbusse geplaas; min sigbare respons. Het gisteraand baie seën by die gemeentetjie van Ajjacio gehad en kon hulle bemoedig en groot klomp materiaal vir hulle oorhandig. Op die foto bid ons saam met die leraar en van hulle lidmate (30 by gebedsbyeenkoms op 'n weeksaand!? ) wat onderneem om dit verder te versprei. Ajjacio is  'n groot dorp met baie min evangeliese gelowiges, ook  'n groterige Mossie gemeenskap van Marokaanse oorsprong rondom hulle kerkgebou. Gemeente reik uit na hulle.
Bid ook vir die leraar se dogter wat blykbaar baie siek is aan kanker.

Geen opmerkings nie: