Tuesday, October 28, 2025

Gebed-Simfonie - Verhale van hoop.

Skrywer: Dr Elreza Mulder

 Gebed-simfonie is ‘n moet-lees boek vir alle voorbidders.

Dis 'n boek met aangrypende verhale van gebedsverhorings soos vertel deur Dr Elreza Mulder, bekende omroeper van Radiokansel, TWR, Radio Tygerberg en RSG. Die groot passie in haar lewe is Jesus Christus en ook om vir sendelinge te bid, veral na haar radikale bekering as ‘n rebelse predikantsdogter na ‘n ongeluk.

Die verhale in die boek inspireer gewone mense om God vas te gryp en te beleef hoe krisisse in oorwinnings omskep word deur volhardende gebed.

Die boek word op hierdie Blog by ons Bookshop verkoop met die een doel - Om meer voorbidders daaraan bloot te stel. 

Ons het 'n beperkte aantal boeke in voorraad wat ons by ons Kerksondermure Biduurgroep versprei 

Prys - R100 met uit die hand verspreiding.
(slegs om Drukkoste, Aflewering en Admin te betaal)
Doen navraag by Chris Visser, 082-9269364

Om die boek per Courier af te lewer sal vir ons doel te duur wees en lesers word dus aangemoedig om dit self by die Drukkers te bestel by... 

Kontak by...
epos@Groep7.co.za
+27 82 449 0574





No comments: