A&L October News: Into (South) Africa
Welcome to join us at the Kerksondermure Biduur
16 November 7:00 to listen to Alfred en Leonie Smith from India.
Daar sal spesiale Koffie vir besoekers wees.
Lees gerus hulle laaste nuusbrief hier
|
A&L October News: Into (South) Africa
Welcome to join us at the Kerksondermure Biduur
16 November 7:00 to listen to Alfred en Leonie Smith from India.
Daar sal spesiale Koffie vir besoekers wees.
Lees gerus hulle laaste nuusbrief hier
|
Lausanne has posted some 40 videos from plenary sessions which you can download, share, and watch with your group. Here are some of the big topics they covered:
Day 2: The Holy Spirit as the power for mission
Day 3: The whole Church united in mission
Day 4: Learning from and praying for the persecuted Church
Day 5: Mission in the workplace
Day 6: Christlike servanthood, intergenerational mentoring, and more
Day 7: Mission to the ends of the earth
Take a look. Evidently they plan to expand the “Accelerate” collection to include more resources in months to come. Not sure where to start? Consider these videos a Pioneers colleagues said were his favorites:
|
Voel jy ook frustrasie en 'n gevoel van hulpeloosheid - wat soms wil oor sit in kwaad word?
Is dit sonde?
Wat is sonde ?
Om die DOEL te mis.
Die oomblik wanneer ONS die bogenoemde goed voel - Weet - ek mis die doel - Nou.
Kom terug - Fokus - Sien Jesus - Ek het dit Sondag oggend ervaar - was op 'n plek - onder n boom - omtrent 40 Boesmans - baie kinders - tolk kon nie tolk nie - ek het plat op sand gaan sit en Wysheid gevra - gefrustreerd en magteloos - toe onthou ek van die sakkie appels - sny elk in 4 en elkeen proe God se Liefde. Het toe verduidelik dat as hulle eet - dat ons dink aan Jesus en wat Hy vir ons gedoen het op Golgotha. Die nag het ek 'n soort van donker beleef - o.a. magteloos omdat ons Broers mekaar dood skiet in Gaza ens.
Toe breek die LIG van Jesaja 59 en 60 deur.
Die oomblik wanneer jy NIe Liefde, Vrede Vreugde be Leef nie.
Raak Stil. Weet. Jy Is Lig. God Is. Kies Vreugde.
(Skuus - ek sukkel om te verWoord. Vra die Heilige Gees - Hy Is met jou en Openbaar Jesus In Jou.)
Ho'oponopono (Help Talk) (Beteken: Maak Reg REG.) Google dit wanneer jy tyd het. Dis nogal Baie Goed.
Vier goed op die Dankie Lysie:
*1. 'n Onderwyseres vra hulp om 'n "Resource Centre " - waar kinders met leer en lees probleme gehelp word, in te rig . Ons gaan een van die ou koshuis lokale in rig. Kort verf - matte, kussings - hulp middels - BAIE Flits kaarte en lamineer werk - enige Water wat kan verander in wat nodig is.
Die nood is groter as wat ek gedink het. Die sentrum sal beskikbaar wees vir hele skool om te gebruik.
Toe ons hier gekom het - 90 ' s - was die Std 7 slaagsyfer 100 % - nou is dit jare al 17 %
Vader Weet wat ons nodig het - Hy Voorsien. Merk dit: Leer en Lees 🙂
Ilana - onderwyseres in RSA help met raad en inligting.
*2. Groente tuin - By Boesmans in Charles Hill. Sit ons eers op ys.
*3. Johan - sendeling in Winburg se seun Joshua, het 'n tablet - GEKRY !! Dankie Vader. Hul woning wat God aan hulle geskenk het - het onderhoud nodig. Gesels asb met Johan by 0834606914 as jy met Vrede en Vreugde water wil stuur.
*4. Liz wat die 6 de berg in Nepal wil / moet gaan klim - moet 1 ste week in Nov vlieg - om VOOR winter te kan klim. Sy kort nog R12,000. Die vakansie in Mosambiek ten waarde van R20,000 is beskikbaar as jy die 12,000 betaal. Gesels asb met Liz by 0609931051
SHALOM !! SHALOM !! Haal Asem - En Weet - Hy Is Met Jou.
Xanagas@gmail.com Gabriel.
WA +27721580587
Cell +26773696737
Jesus: "Choose JOY - and Together We Walk in the Kingdom of God."
Goeie more liefste vriende en familie in Jesus Christus ♥️🛐...
Redelike tydjie trug wat ek van ons laat hoor het, maar hulle sê mos:
"geen nuus, goeie nuus"..
Soos my ou Pappie altyd gesê het..."Gelukkig weet die Vader waar julle bly, hy kan maar net bid"🙇🏼♀️
Dit is alweer baie warm hier. Die weer het so vinnig verander, voor ons nog ñ lekker koel windjie kon geniet, brand die son alweer jou kierangs uit!! Ons bid vir reën ook, en weet dat Vader op Sy tyd ons sal genadig wees. Die water raak minder, en ons moet meer spaarsamig werk, maar die dors bly nie weg nie💁🏼♀️
Met ons gesondheid is ons oorgee aan God se genade en Jesus is ons Geneesheer en ons Verlosser!! Elke dag begin ons met die aantrek van "Sy Wapenrusting"
en ons bid die "Vrug van die Gees" oor ons lewens. Daarom kan ons nie anders as om te sê 'dit gaan goed'... God se genade is genoeg!!
Met die geestelike werk gaan dit ook goed. Ons is mos maar net hier as instrumente in Vader se Hand! Hy lei en ons beweeg. Die dorpie het nog nie heeltemal toestemming gegee sodat Johan met die "Hart of men" daar kan ingaan nie, maar ons vertrou dit sal spoedig gebeur.🛐
Verlede Sondag kry ons ñ nuwe besoeker, Roque DeAlmeira...(klink of van Portugese afstam)...maar baie bekend met die Koran en vra groot vrae oor hoekom Jesus vir ons gekom het, en word nie in die Koran genoem nie..🤷🏼♀️
Hy kom elke Sondag en is baie baie geintreseerd en ons bid en vra vir ñ oorgawe!! "Asb Jesus, help Roque om te verstaan dat Jesus vir ons almal gesterf het en dat Hy wél opgestaan het"!!
Gister was hier weer ñ nuweling. Jalia Jalia. Hy bring ñ ou Bybel van hom saam en sê dat iemand anders in Jesus se plek gesterf het👀, hy wil weet waar staan dit in die Woord, dat dit Jesus was wat gesterf het en waar staan dat hy opgestaan het...
Daar was groot geselse gister, en was ons nie gestuur deur die Vader nie, sou ons nie antwoorde kon gee en wys nie. Jalia gaan weer kom, want hy het nou ñ nuwe Bybel waar hy gewys is waar Jesus die Seun van God is en dat Hy vir ons gesterf het en wél opgestaan net. Dis sulke dinge wat gebeur wat ons harte laat oorloop van vreugde en weet dat ons hier nodig is!!
Oudword of nie, jy kan!! Jy kan, met my Here spring ek oor ñ muur, met my God storm ons ñ bende!!
Fil.4:13..."ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee"!!
Fil.3:7..."en die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gesagtes die wag hou in Jesus Christus".
Die laaste tyd het my verlang na ons kinders en families al meer en baie groot geraak😥nou bid ek die dae verby, sodat ons net ñ biki kan wegbreek en kuier. So, ons tyd raak nou kort. Soos ons beplaning is, sal ons seker die 2de week in Desember begin ry. 😳DV 5dae en nagte op die pad wees, maar ons weet dat Vader ons vooruitgaan en ons met elke nuwedag se breek, inwag!!
Gebedsversoeke:
Dat Vader, in Sy Almag, Homself sal openbaar aan hierdie mense en hulle harte en verstand sal aanraak, om Jesus te leer ken.
Vir ons gesondheid, asook ons voorbereiding vir ons vertrek.
Vir ons water kwessie, dat Vader ons gebede sal hoor en voorsien.
Ons kinders en
kleintjies, vir beskerming en ook hul gesondheid.
Vir Roque en Jalia, dat Jesus hulle sal aanraak en hulle n oorgawe maak.
Bid ook vir ds Willem Louw van Potch. Vir volkome geneesing!
Dankie-sê:
Vader se sorg, Sy getrouheid, Sy voorsiening, Sy liefde en beskerming.
Vir elkeen wat ons dienste bywoon, dat hulle ook Jesus se liefde soos ons sal ervaar.
God se genade wat altyd genoeg is.
Dankie vir vrede en vreugde met hierdie mense.
Dankie vir elkeen wat vir ons bid, finansies voorsien en geselsies.
Ons bid vir elkeen van julle Num.6:24-26 toe:
" Die Here sal julle seën en beskerm,
Die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees,
Die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!"
Ons is lief vir julle, ons bid ook vir elkeen van julle.
Liefde en groete in Jesus ons Heer en Meester 🛐🙏🏼🫂
Julle onthou die vinger van die dogtertjie 'n paar maande terug. Sy het verlede week kom wys; dis nou gesond. |
Ons het weer na 'n baie lang tyd 'n papwiel in Pemba by die petroilstasie. Goedheid van Vader dat ander ons kon help. |
Recent Email Newsletters
|
Johan Meintjes uiteindelik in Kisangani, DRK - Bly bid vir al sy uitdagings en projekte.
Sy nuutste nuus op Vrydag 4 Oktober...
Soos u wat op die WhatsApp Groep die nuus volg, is Johan Meintjes reeds by sy bestemming in Kisangani in die DRK.
Hy skryf vandag....
Goeiemôre vriende, Ek mis julle teenwoordigheid. Sal mettertyd my Kongoriviersending status quo onderling voorhou vir konsultasie en gebed.
Kon nog níe 'n skootrekenaar ordentlik maak werk. Kragtoevoer 'n werklike probleem! Het Klein "solar generator". Lug dikwels toegetrek met so 'n grys tropiese wolkbedekking. Die muskiete roep saans, snag en met sonop all hulle vriende om aan die mundele te kom proe! Onder 'n muskietnet (wat lugsirkulasie beperk) moet jy níe iewers aan die net raak nie. Dáár byt die muskiete jou raak!
Besig om uit te pak en in te rig so goed mens kan in hierdie omstandighede van verval, isolasie, "deep resentment against whites", apatie en trauma. Die twee gesinne hier gaan uit hul pad uit om my in te rig. Een gesinshoof is 'n invoer/ uitvoer agent en een 'n mediese dokter. 'n Ouer Seun is besig met honeurs in Agronomy en gee klasse by 'n Universiteit.
Ek probeer my oor herinstel op die "kommunikasiegeluide". Hulle skakel vinnig oor tussen Frans, Swahili en Lingala. Almal het 'n persoonlike verwagting van die muzungu (mundele). Gesprek-voer is deel van die "ministry of presence". Reënseisoen in die DRK en Kisangani is modder-trap. Die Nuwe streekhoof van die CBFC Northern Congo River Region (Rev Emmanuel Kapenza) is in Kinshasa vir 'n kongres tot volgende week. Maar hy het reeds my CV en Missie voor hom danksy Diaken Jean Marc.
Oor sy situasie by hulle huis in Kameeldrift waar sy vrou woon en die groot brand, skryf hy...
Hier is 'n foto van die "Geskroeide Aarde" daar by Marí. Sy sê die huis en kaste ruik steeds na rook en roet. Hulle het Ouma laasnaweek na enkel woonstel getrek daar in die versorgingsvillage.
Met dank en seënwense. Johan
**************************
Ek herhaal sy Dringende Versoek van vroeër: Ek het steeds minder as R1 500 steun per maand. Moet by R10 - R20K p/m uitkom om myself volhoubaar instand te hou. Verblyf, maaltye, brandstof, klein uitgawes soos Boda-bodas (motorfiets taxis), basiese diplomasie (vir iemand koffie of koeldrank koop tydens afsprake) toiletware, strykhulp, wasgoed en basiese uitreikmomentum.
PDH!
Vriende, as jy gelei voel om juis nou 'n belegging te maak, gee ek hiermee sy Kontak en Bank inligting...