Sondag 09 April 2023

My Goeie Vrydag belewenis -

Donker Vrydag is Goeie Vrydag, maar ai...

💥Goeie Vrydag was vir my 'n dag van groot kontraste. Die Paas- erediens was so aangrypend. Die lydings en lofliedere was spesiaal! Net weer die besef: Hy het dit vir my gedoen. 

Ons vier op hierdie donker Vrydag ... Jesus het gesterf! 

Sy lyding en kruisdood was 'n realitei... om my skuld af te skryf, my sonde te vergewe, my (ons almal in die kerk om my) en toe dink ek ook hoe vêr en wyd hierdie boodskap tref - die hele verlore wêreld met God te versoen. 



💢Maar ek dink ook aan wat ek die middag gaan beleef... En ek wonder...?

💥Die hoogtepunt tydens Goeie Vrydag se erediens:  die leraar se uitnodiging vir mense wat daardie Kruisdood van Jesus vir hulle self wil toeëien; Hom in die geloof as hulle verlosser en Here wil aanvaar. Baie mense reageer, opwindend om te dink wat deur elkeen se gedagtes gaan. Om hulle verhouding met Jesus af te skop en onder leiding van sy Gees 'n nuwe pad te loop. 

💥Die gebruik van die Nagmaalstafel se tekens bevestig dit opnuut - hierdie Evangelie kom van vêr en is waar! Dis Sy Liggaam en Bloed wat eenmaal gevloei het... Om ons te herinner, ons geloof Opnuut te bevestig en te versterk! 

En dan uit die kerk uit te stap en te hoor... Hierdie donker Vrydag is Goeie Vrydag, alhoewel dit pyn en dood gedenk, want SONDAG KOM NOG!

En dan die Groot Debat

💢En dan die middag... Ek is uitgenooi deur 'n Christen-Apologeet om hulle te ondersteun by "DIE GROOT DEBAT" -  'n debat met Moslems oor die tema "CRUCIFIXION & RESURRECTION OF JESUS CHRIST: FACT OM FICTION?" 



🤔Ja, op Goeie Vrydag is dit die tema wat hulle wil hanteer. 

👉'n Bekende Islam Shaikh uit Egipte (Shaikh Ibrahim Abdullahi teen Pastor Michael Mahomed).

💢Tyd 13:30, ongeveer 200-300 Muslims wat ons aanstaar, en ons bendetjie van 7 Christene. 

💥Pastor Michael ken Islam se geloof en hulle Quran. Sy goeie navorsing oor Islam sien jy as jy sy boek "Islam  Re-examined" lees. Maar hy laat hom ook nie afsit nie.

💢Wanneer die Shaikh met sy aanbieding net vir die gehoor speel en as die gehoor die Shaikh telkens toejuig (Alhua Akbar) as hy "die Christene op hulle plek sit nie" - dan wys Pastor Michael hulle daarop dat hulle lawaai nie die Shaikh se leuens wat hy vertel gaan waar maak nie.

💢Hy sê om te verkondig dat Jesus gesterf het, is fiksie want dis dan wat die Quran sê.

😭Pastor Michael wys onverskrokke op hulle dwaling, beide uit hulle Quran (volgens die Arabiese teks), maar deel ook die boodskap van die Bybel. Jesus het gesterf, maar HY HET OOK OPGESTAAN! Hy leef!


So gaan die dag verby. 'n Lang dag wat na 4 eers eindig. (Vier persone kry selfs tussendeur kans om in die openbaar ook nog 'n "Shahada" te doen... (sê die rympie agter my aan ... En nou is julle Muslims). 

Dit sou nog 'n langer dag gewees het, as hulle wat besig is met hulle Ramadan-vas nie skielik besef het dis naby aan die tyd om die vas te breek nie. Nou gaan daar geëet word!

🤔Was die oefening op Goeie Vrydag die moeite werd? 

👉Ek glo daar is Muslims wat weer hulle Quran gaan herlees.

📖En hopelik ook dalk na die Bybeltekste gaan kyk.✝️

En ons het goeie kontakte opgebou om op te volg... En heelwat literatuur kon uitdeel.

🛐Al wat nou nog oorbly, is gebed! As God nie die sluier van Muslims se oë en verstand afhaal nie, sal hulle nie kan glo nie!

Geen opmerkings nie: