Woensdag 03 November 2021

UITNODIGING AAN ALLE LERAARS EN SENDINGBELANGSTELLENDES.

 Vriende, lees, bid, dink, besluit en doen... Die regte ding!

GEMEENTES EN SENDING: 

Vriende, wat 'n wonderlike ding is besig om te ontwaak. Dis my gevoel na nog 'n 3 dominees saampraat -Chris, Sakkie en Fanie;  Dankie vir julle aandeel en entoesiasme daarvoor. (Kyk na ’n Youtube video oor ons Saampraat;  https://www.youtube.com/watch?v=JP0nJ1SCahU )

Wie is ons: 

Net gewone Dominees, maar wat die vreugde van ‘n Sendingbetrokke gemeente al ervaar het en wat tans beleef dat die Kerk in die breë dit grootliks verbeur en min gemeentes dit ervaar. 

Wat is Ons Doelwit: 

Om  gemeentes weer betrokke te kry by die Here Jesus se Sendingopdrag om die Evangelie na Alle Nasies te bring. (Dalk is dit die beste medisyne vir ‘n kerk wat op talle terreine sukkel na Covid-uitdagings en ook vasgeloop is met leerstellinge spanninge wat die kerk die laaste ruk oorheers. 

Oswald Smith het gesê: Die beste medisyne vir ‘n siek kerk is ’n sendingdieet!


Ons Program vir die pad vorentoe: 

1) 16 Nov 9:00 -11:00 byeenkoms by Kerksondermure (Alle belangstellende leraars en Sendingleier word genooi vir In persoon of Zoom deelname; 

Die byeenkoms via Zoom word ook opgeneem vir latere wyer verspreiding.

2) Die Doel met die byeenkoms:

Dis ons Doel om Gemeentes te help om weer hulle Visie te hernu na die Bybelse Getuienisopdrag van Christus. Ons gaan daarom fokus om Getuienisse van gemeentes wat steeds op die gebied van Sending presteer, te deel as ’n model ten einde gemeentes wat sukkel te Motiveer en te Mobiliseer tot groter betrokkenheid. Verder is ons Doel dat meer leraars hieroor begin Saam Praat ... en Saam Doen!

3) Die volgende Sprekers en beklemtoning:

*CHRIS VISSER: Agtergrondskets van Sendingmobilisering en veral die rol en fokus van World Trust en Koninkryksfokus in die jare rondom 2000.

*Kerksondermure (KSM) leraars wat veral hierdie gemeente se Sending-getuienis gaan deel.

A) COLIN SMITH: 'n Kort Boodskap oor die kerk se Sendingroeping n.a.v. die Groot Opdrag en hoe dit uitspeel in die Handelinge verhaal.

B) FANIE VENTER: KSM se verhaal, hoe vanaf die begin daarop gefokus was in hierdie gemeente (en steeds is).

D) FRANCOIS SCHOOMBEE: Hoe KSM se Uitreikprogram tans lyk.

* FANIE LE ROUX, emeritus van Kloofendal, tans in Parys-Suid: Getuienis van hoe hy as gemeenteleraar prakties by sy Gemeente se Uitreikprogram betrokke was deur visionêre leiding te gee; Wat dit vereis om die gemeente voortdurend te bly motiveer daartoe; Die rol van Kort Uitreike en die waarde van sy persoonlike deelname daaraan.

4) Die Pad Vorentoe: 

* SAKKIE WEBER: Met die doel om hierdie Getuienisvoorbeeld ook verder met meer Leraars te deel, gaan hy ons UITNOOI na 'n volgende byeenkoms in 2022 om hulle Gemeente se Sending Getuienis ter plaatse te kom beleef. 

Sakkie deel ook kortliks fasette van hulle gemeente se Sendingproses en veral inligting oor die geskiedenis van hulle Geloofsofferbelofte vir Sending. (Kyk gerus na ‘n Youtube video daaroor https://www.youtube.com/watch?v=ZWm7OeaHt2s  ) 

5) SAAMPRAAT: Geleentheid vir... Sê jou sê of Stel jou vraag!

STEL JY BELANG OM OOK DEEL HIERVAN TE WEES: 

Registreer asb. hier sodat ons jou verder op hoogte kan hou: https://tinyurl.com/Registreer1


Geen opmerkings nie: