Vrydag 19 Junie 2020

KoFie-projek - Net 'n DANKIE; Prys die Here!

Na ons vorige epos, moet ek hierdie net met dankbaarheid deel.


1) Na ons versoek vir 'n 2e Handse Laptop, stuur iemand uit Brackenfel vir ons een. 
(💢En toe ontvang ek 'n versoek van 'n ander Sendeling wat ook dringend een nodig het;  dus is die behoefte steeds aktief as iemand nog kan help) 

2) Fondse vir die voortgaan van ons Duduza Community Church Voedselhulpskema:  Dankie aan iemand wat 'n bedrag van R1000 inbetaal het. (Moeggesukkel se Bankrekening is korrek, maar iemand twyfel toe oor hulle naam; Hulle eintlike Naam is Mighty Godly Servants Recovery Centre; Kyk gerus na hulle mooi werk op hulle webblad by www.moeggesukkel.co.za. Hulle help mense wat vasgevang is met dwelm-afhanklikheid op 'n baie kreatiewe wyse. Beveel hulle gerus aan. 
Kyk ook na hulle produk wat ons gebruik vir die Koshulp -projek Veggie Meat daar).
💥As iemand verder kan help met ons Duduza-fonds, die bankrekening inligting is soos op ons vorige epos.

3) En toe kontak Wilhelm Els van Farming God's Way my ook oor die moontlikheid om 'n Groetetuin Projek vir die Kerk van Duduza Community Church te help ontwikkel. Mens wil hulle immers nie help met net onbepaalde kosvoorsiening nie, maar dat hulle vorentoe selfversorgend kan raak. Ons gaan dit beslis opvolg.

EK MOES DIT NET DEEL.
DANKIE dat julle ook vir ons BID.
Chris Visser,
Koninkryksfokus




Geen opmerkings nie: