Thursday, October 9, 2025

Bybelvertalings - 'n Kritiese Ondersoek

 

BYBELVERTALINGS 

'n Kritiese ondersoek na sowat 150 Variasies en Interessanthede in die Afrikaanse Vertalings van die Nuwe Testament.

Skrywer: Ds Herman Grobler*)


*) Meer oor die Skrywer Herman Grobler

Herman was ‘n emeritus predikant van die Ned. Geref. Kerk, en het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Reeds as student was hy besonder geïnteresseerd in die oorsake vir die variasies wat in die verskillende vertalings van die Bybel voorkom.

Hy het twee gemeentes bedien en was daarna saam met sy vrou Leah betrokke by Act-Up, ‘n interkerklike gebedsbediening wat gesinne bystaan wat deur dwelm- en ander afhanklikheid, asook die okkulte geraak word. Die gemeentewerk en veral die intense geestelike stryd van mense in krisis het hom bewus gemaak van die behoefte wat mense het om seker te wees van elke woord wat God vir ons laat opteken het.

Daarom het Herman die navorsing oor Bybelverskille in 2011 begin en aanvanklik die resultate op ‘n blog gepubliseer. Hy hanteer hoofsaaklik verskille wat in die Nuwe Testament voorkom, maar soms ook verskille in die Ou Testament.

 *) My eie betrokkenheid by Herman en die materiaal van hierdie eBoek 

 Ek was bevoorreg om as klasmaat van Herman by die Teologiese departement van die Universiteit van Pretoria te studeer.

Ek was bewus van sy navorsing oor die Bybelvertalings tydens my eie jare in die bediening en sy Blog wat hy in 2011 begin het daaroor en het dikwels daarvan gebruik gemaak of sy raad daaroor gevra. 

In 2021 het ek weer met hom kontak gemaak en hom besoek omdat ons albei in Pretoria gewoon het. Toe het ek sy opvolg-boek in gedrukte formaat kon koop. (Sien onder) 

Herman is baie kort na ons kontak in 2021 skielik tragies oorlede aan 'n hartaanval. 

Al sy pragtige werk en planne vorentoe om ook die materiaal in Engels te publiseer, is skielik daar gehalt. Sy vou Leah moes na die Kaap verhuis en moes haar eie potjie daar gaan krap - wat sonder 'n pensioen agter gelaat was. Die beskikbaarheid van Herman se materiaal, sy Navorsing en Boeke wat hy daaroor gepubliseer het, was skielik in onsekerheid gedompel.

Aangesien ekself groot waarde in sy navorsing gevind het, wil ek die familie help om die materiaal, sy Boeke en Blog, aan almal beskikbaar te stel, terwyl die familie darem ook die finansiële voordeel daaruit kan benut.  Ek het dus ondersoek ingestel na sy materiaal wat steeds beskikbaar is en stel dit dus hier bekend.

 Meer oor Herman se Navorsing: 

Jy sal sy benadering tot die Bybelverskille uiters direk en op die man af vind. Hy maak die direkte feite oor die meer ernstige en ingrypende verskille bekend sonder om doekies om te draai. Hy doen dit in duidelike Afrikaans sodat elkeen die feite kan hê en evalueer, selfs sonder toegang tot die manuskripte, of geleentheid om die Griekse Nuwe Testament te hanteer.

Hy bied die variasies wat in manuskripte voorkom binne die tydsgleuf van hul ontstaan aan. Waar moontlik bied hy ‘n oorsig oor die effek of teologiese implikasies wat enige verandering, byvoeging of weglating op die oorspronklike boodskap of skopus van die betrokke Skrif sou kon hê.

Ander mense se mening oor Herman se werk - Prof Bernard Combrink

“Ek het werklik waardering vir die skrywer se poging om iets daar te stel om lidmate te bemagtig ten opsigte van die teksverskille tussen die verskillende Afrikaanse vertalings.” Prof. Bernard Combrink, emeritus Professor in Nuwe Testament van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Stellenbosch, asook tans projekleier van die Afrikaanse Bybelvertalingsprojek van die Bybelgenootskap van Suid Afrika.

Die Uitstekende Werk van Herman word dus hier beskikbaar gestel om te koop.

Die volgende Opsies is beskikbaar... 

OPSIE 1- In 'n eBoek formaat - BYBELVERTALINGS - 'n Kritiese ondersoek na sowat 150 Variasies en Interessanthede in die Afrikaanse Vertalings van die Nuwe Testament. (Ek kon hierdie materiaal in Pdf-formaat van die drukker wat sy eerste boek gedruk het, verkry. Daar bestaan egter geen harde kopieë meer daarvan nie; L.W. Die Inhoudsopgawe daarvan wat hieronder gegee.)

Waarom Verskil Bybelvertalings?
INHOUDSOPGAWE.

Voorwoord: Waarom verskil Bybelvertalings? ....VI
Gedagtes oor die Benutting van die Boek .....IX

1. Taalontwikkeling 
1.1.      Onverstaanbare woorde.    Romeine 2:4 .....1 
1.2.      Onverstaanbare sinsnedes.   2 Korinthiërs 2:17.....2 
1.3.      Sinne wat oop is vir verskeie interpretasies.  Handelinge 26:29 .....2
1.4.      Taalverandering.   Jakobus.1:17.....3
1.5.      Veroorsaak deur 'n direkte vertaling .....9 
1.6.      Die semantiese veld stem nie noodwendig ooreen nie .....15 
2. Ontstaan van die Nuwe Testament .....19 
3. Die eerste eeu in oënskou .....22 
4. Die Kànon .....27 
5. Duplisering van die Nuwe Testament .....30 
6. Bronteks .....35
6.1.     Die Textus Receptus .....37
6.2.     Die Bisantynse Meerderheidsteks .....39 
6.3.     Die Amptelike Grieks Ortodokse teks .....40 
6.4.     Die Nestle Aland Teks .....41
6.5.     Die United Bible Societies Teks .....42        
7. Oorsake vir Variasies .....44 
8. Onbedoelde Veranderinge .....45 
8. 1.    Verkeerd Sien .....45 
8.1.1.   Waarlik of sopas? 2 Petrus 2:18 .....45 
8.1.2.   Losbandigheid of Bedrieërye?    2 Petrus 2:13 .....46 
8.1.3.   Gebooie doen of Klere was? Openbaring 22:14.....48 
8.1.4.   Sondig of Wetteloos?  2 Tessalonisense 2:3.....50
8.1.5.  Het Johannes uit die Dood opgestaan? Markus 6:14 ....52 
8.2.     Die oog wat spring .....55
8.2.1.  Wie die Seun loën, het nie die Vader.  1  Johannes 2:23 .....55 
8.2.2.  Haplografie: Die dag waarneem of nie.  Romeine 14:6 .....56 
8.2.3.  Glo in die Naam van die Seun van God. 1 Johannes 5:13 .....58 
8.2.4.  Die vroue op weg ontmoet Jesus. Dittografie: Matteus 28:9 .....60
8.2.5.  'n Aanhaling uit Ps 24:1 uitgelaat.  1 Korinthiërs 10:28 .....61
9. Verkeerd Onthou.
9.1.     Kon hulle, of hulle oë sien?  Matteus 20:34 .....62 
9.2.     Was Stefanus vol genade of vol geloof? Handelinge 6:8 .....63 
9.3.     Julle of Ons?     Romeine 15:7.....64 
9.4.     Die gees van die Antichris.  1  Johannes 4:2 – 3 .....66 
9.5.     Die twee nature van Jesus.  1 Johannes 4:3 .....68 
9.6.     Vrug van die lig.   Efesiërs 5:9 .....69 
10. Verkeerd Hoor. 
10.1.   Julle of Ons blydskap  1 Johannes 1:4 .....71 
10.2.   Van ons sondes “gewas” of “verlos”?  Openbaring 1:5 .....72 
10.3.   My liggaam oorgee om verbrand te word. 1 Korinthiërs 13:3 .....75 
10.4.   Die nut van om te Roem. 2 Korinthiërs 12:14.....76 
10.5.   Babatjie, of Vriendelik en sag?   1 Tessalonisense 2:7 .....78 
11. Doelbewuste Veranderinge - Spelling en Grammatika .....81
11.1.  Die Engelekoor.   Lukas 2:14  .....81 
11.2.  'n Dier wat nie is nie, hoewel hy is.  Openbaring 17:8 .....83 
11.3.  Die Tempel of die Wederkoms?    Markus 13:29.....84
 11.4.  Jesus moet “verhoog” word.  Johannes 3:14 – 15 .....87 
11.5.  Jesus word verhoog.  Johannes 8:28 .....88 
11.6    Jesus sterf soos 'n Koringkorrel.  Johannes 12:32-34 .....88 
11.7.  “AGAPĒ”  en “FILEO”  Liefde .....89 
11.8.   Agape en Fileo liefde in 'n gesprek   Johannes 21:15 – 17 .....92 
11.9.   'n Buitengewone lang sin.     2 Petrus 2:4 – 10 .....94 
11.10.  Die huis, of die dinge van sy Vader.   Lukas 2:49 .....95 
11.11. Twee grammatikale variasies in een sin.    Lukas 1:35 .....96 
11.12. Buitengewoon baie speserye.    Johannes 19:39 .....99 
12. Verwagte Byvoeging. 
12.1.   Matteus 9:13 Sondaars tot bekering .....101 
12.2.   Matteus 26:3.....101 
12.3.   Galasiërs 6:17 littekens van Jesus.....101 
12.4.   Wanneer die gewete ons nie aankla nie.  1 Johannes 3:21 .....101 
12.5.   Die slot van Lukas.   Lukas 24:53 .....102 
12.6.   Moenie bekommer oor wat julle moet sê nie.  Markus 13:11 .....102 
12.7.   Ons eer in die openbaar soek.  Matteus 6:4 .....103 
12.8.   Paulus se afsluitende handtekening.   Romeine 16:24 .....105 
12.9.   Doksologie.   Romeine 16: 25 – 27.....106 
12.10. Paulus se gebruiklike groete.  Kolossense 1:2 .....107 
12.11. Volgens wat ons bereik het.  Filippense 3:16 .....108 
12.12. Dood of Nutteloos?  Jakobus 2:20.....110 
12.13. Seun van God of Seun van die mens?   Johannes 9:35 .....111 
12.14. “Kinders”, of “Werke”.   Matteus 11:19 .....112 
13. Harmoniërings Veranderinge .....114 
13.1.     Harmoniëring met die Ou Testament..... 115
13.1.1.  Gestenig of met 'n pyl neergeskiet. Hebreërs 12:20 .....116 
13.1.2.  Geen Valse Getuienis.  Romeine 13:9 .....116 
13.1.3.  Hierdie volk nader My met hulle Mond.  Matteus 15:8 .....116 
13.1.4.  Moord op die Betlehem Kindertjies. Matteus 2:18 .....117 
13.1.5.  Jesus by die misdadigers gereken.  Markus 15:28 .....118 
13.1.6.  Aangestel oor die werke van U hande.  Hebreërs 2:7.....121 
13.2.     Harmoniëring binne dieselfde Dokument. 
13.2.1.  Herhalende opbou.   Markus 9:43 – 44.....123 
13.2.2.  Wie kom moeilik in die Koninkryk van God?  Markus 10:24 .....124
13.2.3.  Priester, volgens die orde van Melgisédek. Hebreërs. 7:21 .....125 
13.2.4.  Neem jou kruis op.   Markus 10:21.....127 
13.2.5.  Sodom en Gomorra uitgelaat.   Markus 6:11 .....129 
13.2.6.  Ek gaan na die Vader.  Johannes 16:16 .....130 
13.2.7.  Wie het julle verstand benewel?  Galasiërs 3:1.....132 
13.3.     Harmoniëring met 'n ander dokument. 
13.3.1   Kan julle met my doop gedoop word?  Matteus 20:22 – 23 .....135 
13.3.2.  Die opskrif op die Kruis.   Lukas 23:38 .....137 
13.3.3.  Duiwels uitdryf.    Matteus 17:20 – 22 .....138 
13.3.4.  Kleintjies se Engele by die Vader.   Matteus 18:11.....139 
13.3.5.  Deur sy Bloed uitgelaat.    Kolossense 1:14 .....140 
13.3.6.  Jesus vermaan die Fariseërs.   Matteus 23:14 .....141 
13.3.7.  Die lot oor sy Klere gewerp.   Matteus 27:35 .....142 
13.3.8.  Julle moet julle vyande liefhê.  Matteus 5:44 .....143 
13.3.9.  Goeie Meester, Of Goeie Dinge?   Matteus 19:17 .....145 
13.3.10.Is “Vergifnis” uitgelaat?  Markus 11:26 .....146 
14. Leer en Dogma.
14.1.     ‘n Aanhaling uit Jesaja, of uit die profete?   Markus 1:2-3 .....148 
14.2.     Betanië of Betábara?  Johannes 1:28 .....148
14.3.     Die uur van die wederkoms.  Matteus 24:36 .....148 
14.4.     Een ding sê en die teenoorgestelde doen.   Johannes 7:8 .....149 
14.5.     Vas en gebed.   1 Korinthiërs  7:5 .....150 
14.6.     Vas as vereiste gestel vir die uitdryf van demone.   Markus 9:29 .....151
14.7.     Maria, geseënd is jy onder die vroue.    Lukas 1:28 .....152 
14.8.     Die tweede beker.   Lukas 22:17 – 20 .....154 
14.9.     Seun van God of Seun van die Mens?   Johannes 9:35 .....155
15. Konteks.
15.1.     Wassery van komme en bekers.  Markus 7:8 .....159 
15.2.     'n Suster as vrou op jou reise saamneem.  1 Korinthiërs 9:5 .....161 
15.3.     Eerste beginsels” of “elementêre beginsels”   Galasiërs 4:3 .....162 
15.4.     Vlees en bene van Jesus?  Efesiërs 5:30  .....164 
15.5.     Vroue gered deur kinders te baar?     1 Timoteus 2:15 .....166 
15.6.     Ons harte besprinkel.    Hebreërs 10:22 .....168 
15.7.     “Engel” of “Arend”?    Openbaring 8:13 .....170 
15.8.     Seun of donkie of skaap in die put.   Lukas 14:5 .....172 
15.9.     Tekens van die Begin van die Smarte.   Markus 13:8 .....174 
15.10.   Vorige asook Opvolgende sin.     1 Johannes 3:19 .....176 
15.11.   Leraar vir die Heidene.     2 Timoteus 1:11 .....178 
15.12.   Werke of Genade.     Romeine 11:6 .....180 
16. Glos 
16.1.    Die Drie-Eenheidsteks.   1 Johannes 5:7 – 8 ....183 
16.2.    Geen veroordeling vir dié in Christus nie.    Romeine 8:1 ......186 
16.3.    Laat ons nie teen God stry nie.    Handelinge 23:9 .....188 
16.4.    Moet ons van moeilike mense onttrek?    1 Timoteus 6:5 .....189 
16.5.    Die einde van die Ons Vader-gebed.  Matteus 6:13 .....191 
16.6.    Is “genade” uit Lukas uitvertaal?   Lukas 9:53-56 .....193 
16.7.    Die Engel by Betesda.    Johannes 5:4 .....195 
16.8.    Doop voorwaardes.    Handelinge 8:37.....197 
16.9.    Wie moet ondervra word?  Handelinge 24:6-8 .....200 
16.10.  Lukas se skryfstyl afgewater.   Handelinge 28:29 ......201 
16.11.  Iets tot “glos” verklaar?   1 Korinthiërs 14:34-35 .....203 
16.12.  Jesus te laster of te verheerlik.   1 Petrus 4:14 .....205 
16.13.  Sonder rede kwaad.   Mattheus 5:22 .....207 
17. Punktuasie. 
17.1.    Soos in die hemel.   Matteus 6:10 ....210 
17.2.    En almal is gedoop.  Markus 1:5 .....212 
17.3.    “Ontvlug” of “Wegraap”?   Lukas 21:36 .....212 
17.4.    Die “Sieleslaap”.   Lukas 23:43 .....213 
17.5.    Preek vir die geeste in die gevangenis?  1 Petrus 3:17 .....214 
17.6.    “U sê dit” of “Sê u dit?”  Markus 15:2 .....215 
17.7.    Hoofletters of nie?    Johannes 4:11 .....216
18. Vertalings Oorwegings. 
18.1.    “Engel” of “Leraar”?   Openbaring 2 en 3 .....218 
18.2.    Uit een bloed of uit een mens?  Handelinge 17:26 .....218
18.3.    Die Gees was nog nie.  Johannes 7:39 .....220 
18.4.    “In Christus” ontbreek in Galasiërs 3:17 .....221 
18.5.    “In Christus” uitgelaat uit  1 Timotheus 2:7.....223 
18.6.    "Die Vader van onse Here Jesus."  Efesiërs 3:14.....226 
18.7.    Dié wat twyfel.   Judas verse 22 – 23 .....227 
18.8.    Wie is die belangrikste van almal?  Johannes 10:29.....230 
18.9.    “Deur die Gees” uitgelaat.  1 Petrus 1:22 .....232 
18.10.  Hoeveel Maagdelike Geboortes?  Matteus 1:23.....233 
19. Addendum .....236 
19.1.    Einde van Markus.  Markus 16:9 – 20 ....236 
19.2.    Die vrou in owerspel betrap.  Johannes 7:53 – 8:11 .....240 
19.3.    Die kànon vraag .....242
Skrifregister .....234
Slotopmerking .....244

 Om die eBoek op die Koninkryksfokus Boekwinkel hieronder aan te koop (Prys @ R89) - Klik op die veilige PayFast App hieronder, waarna jy met enige online-betalingsmetode kan betaal (Die eBoek sal direk na jou betaling op jou skerm verskyn om te lees og af te laai; Die geld sal aan die Grobler familie oorbetaal word.)

Die eBoek is beskikbaar

@ SPESIALE AFSLAGPRYS : R89 

Betaal gerus op die veilige 
PAYFAST-PLATFORM SE "BUY NOW" KNOPPIE 
Jy kan daar betaal met enige Krediet of ander Bankkaart. Jou eBoek sal onmiddelik na Betaling op jou skerm ontvang word om te lees of af te laai.

Buy 

**************************************

OPSIE 2- Gedrukte Boek (600 bladsye) - BYBELVERTALINGS - 'n Kritiese ondersoek na sowat 350 Variasies en Interessanthede in die Afrikaanse Vertalings van die Nuwe Testament - toegespits op die 2020 Afrikaanse Bybelvertaling.  

L.W. Die familie het steeds 20 van die 600 bladsye gedrukte boeke beskikbaar. Stuur jou Bestelling met jou adres en ander besonderhede aan Leah by kontaknommer +27 82 718 1176; Sy sal haar bankbesonderhede aan jou verskaf en na jou betaling die boek na jou adres toe koerier. 
Prys R300 - Boekprys R200 plus R100 Koerierkoste

L.W. Die verkorte inhoudsopgawe van hierdie boek word hieronder gegee. 

 


**************************** 

3- BLOG -  Die Goeie Nuus is dat Herman se Blog wel ook op die internet gevind kon word; meeste van sy gepubliseerde navorsing is dus steeds daar beskikbaar.  (sien onder)


Om die Skakel van die Blog met al Herman se gepubliseerde materiaal op die Koninkryksfokus Boekwinkel hieronder wettig aan te koop (Prys @ R89) - gebruik die veilige PayFast App hieronder, waar jy met enige online-betalingsmetode kan betaal (Die Blogskakel sal direk na jou betaling op jou skerm verskyn om te lees of te stoor. Die geld sal aan die Grobler familie oorbetaal word.)

Om die Blog-Skakel wettig te ontvang 

@ SPESIALE AFSLAGPRYS : R89 

Betaal gerus op die veilige 
PAYFAST-PLATFORM SE "BUY NOW" KNOPPIE 
Jy kan daar betaal met enige Krediet of ander Bankkaart. Die Skakel van die Blog oor Bybelvertalings sal onmiddelik na Betaling op jou skerm verskyn om te gebruik.

Buy 

**************************************


Wednesday, July 16, 2025

Buy this Book: Investigating the Evidence for God

 Investigating the 
Evidence for God 


Investigating the Evidence for God
Author: Sibylie Marais

IF JESUS WAS
NOT RAISED FROM DEATH
the Christian faith is USELESS, and CHRISTIANS are the
MOST PATHETIC pof all people!
They should rather just party their lives away!
This is straight from,
wait for it…
the Bible!
(1 Cor. 15)

“So, what is the evidence for the Christian faith?”
“The Bible says it’s true.”
“Sure. Anything else?”

OKAY, LET’S TALK EVIDENCE:
Evidence for God:
Do the Big Bang, the universe, the origin of life, and DNA point to God?
Evidence for the Bible:
Do archaeology, extra-biblical manuscripts, historical evidence, and prophecies support the Bible’s claim to credibility?
Evidence concerning Jesus:
Did Jesus really die on the cross?
Was his tomb empty because he was resurrected?
“Oh, come on, that’s ridiculous! Wouldn’t any other explanation be more plausible?”
Jesus even claimed to be God! Wouldn’t anybody who claimed that be either delusional or lying?

JESUS ASKED, “WHO DO YOU SAY I AM?”
So, what would your answer be
after reading this book?
A LIAR? OR CRAZY? OR GOD?

THIS BOOK IS NOW ONLY AVAILABLE
AS A PRINTED HARD COPY ON THIS BLOG.

Note: You can still Download an eBook on Amazon.com after the the author also published it there - search for "Investigating the Evidence for God"

To Order an A5-Printed hard copy Book:
    • Price R150 (if delivered by hand, as arranged privately)
    • Price R250 (Including cost if need to be delivered by Couriers to the Address of your choice)
    • In this case, please make payment for the Book in any of the bank accounts as provided underneath
    • Please send an email to Vischris@gmail.com (with your name, details of proof of payment, contact telephone, as well as your required address for delivery of the Book via Postnet or Courier Guy.)