Thursday, November 11, 2021

Has SCIENCE discovered GOD?

 Has SCIENCE discovered GOD?


Many people think that all scientists are atheists.

Can a scientist belief in God? 

Can scientists even proof the existence of God?

Look to this remarkable video about... 

Has SCIENCE discovered GOD?

Read/look to this video and tell me what you think... 

Wednesday, November 3, 2021

UITNODIGING AAN ALLE LERAARS EN SENDINGBELANGSTELLENDES.

 Vriende, lees, bid, dink, besluit en doen... Die regte ding!

GEMEENTES EN SENDING: 

Vriende, wat 'n wonderlike ding is besig om te ontwaak. Dis my gevoel na nog 'n 3 dominees saampraat -Chris, Sakkie en Fanie;  Dankie vir julle aandeel en entoesiasme daarvoor. (Kyk na ’n Youtube video oor ons Saampraat;  https://www.youtube.com/watch?v=JP0nJ1SCahU )

Wie is ons: 

Net gewone Dominees, maar wat die vreugde van ‘n Sendingbetrokke gemeente al ervaar het en wat tans beleef dat die Kerk in die breë dit grootliks verbeur en min gemeentes dit ervaar. 

Wat is Ons Doelwit: 

Om  gemeentes weer betrokke te kry by die Here Jesus se Sendingopdrag om die Evangelie na Alle Nasies te bring. (Dalk is dit die beste medisyne vir ‘n kerk wat op talle terreine sukkel na Covid-uitdagings en ook vasgeloop is met leerstellinge spanninge wat die kerk die laaste ruk oorheers. 

Oswald Smith het gesê: Die beste medisyne vir ‘n siek kerk is ’n sendingdieet!


Ons Program vir die pad vorentoe: 

1) 16 Nov 9:00 -11:00 byeenkoms by Kerksondermure (Alle belangstellende leraars en Sendingleier word genooi vir In persoon of Zoom deelname; 

Die byeenkoms via Zoom word ook opgeneem vir latere wyer verspreiding.

2) Die Doel met die byeenkoms:

Dis ons Doel om Gemeentes te help om weer hulle Visie te hernu na die Bybelse Getuienisopdrag van Christus. Ons gaan daarom fokus om Getuienisse van gemeentes wat steeds op die gebied van Sending presteer, te deel as ’n model ten einde gemeentes wat sukkel te Motiveer en te Mobiliseer tot groter betrokkenheid. Verder is ons Doel dat meer leraars hieroor begin Saam Praat ... en Saam Doen!

3) Die volgende Sprekers en beklemtoning:

*CHRIS VISSER: Agtergrondskets van Sendingmobilisering en veral die rol en fokus van World Trust en Koninkryksfokus in die jare rondom 2000.

*Kerksondermure (KSM) leraars wat veral hierdie gemeente se Sending-getuienis gaan deel.

A) COLIN SMITH: 'n Kort Boodskap oor die kerk se Sendingroeping n.a.v. die Groot Opdrag en hoe dit uitspeel in die Handelinge verhaal.

B) FANIE VENTER: KSM se verhaal, hoe vanaf die begin daarop gefokus was in hierdie gemeente (en steeds is).

D) FRANCOIS SCHOOMBEE: Hoe KSM se Uitreikprogram tans lyk.

* FANIE LE ROUX, emeritus van Kloofendal, tans in Parys-Suid: Getuienis van hoe hy as gemeenteleraar prakties by sy Gemeente se Uitreikprogram betrokke was deur visionêre leiding te gee; Wat dit vereis om die gemeente voortdurend te bly motiveer daartoe; Die rol van Kort Uitreike en die waarde van sy persoonlike deelname daaraan.

4) Die Pad Vorentoe: 

* SAKKIE WEBER: Met die doel om hierdie Getuienisvoorbeeld ook verder met meer Leraars te deel, gaan hy ons UITNOOI na 'n volgende byeenkoms in 2022 om hulle Gemeente se Sending Getuienis ter plaatse te kom beleef. 

Sakkie deel ook kortliks fasette van hulle gemeente se Sendingproses en veral inligting oor die geskiedenis van hulle Geloofsofferbelofte vir Sending. (Kyk gerus na ‘n Youtube video daaroor https://www.youtube.com/watch?v=ZWm7OeaHt2s  ) 

5) SAAMPRAAT: Geleentheid vir... Sê jou sê of Stel jou vraag!

STEL JY BELANG OM OOK DEEL HIERVAN TE WEES: 

Registreer asb. hier sodat ons jou verder op hoogte kan hou: https://tinyurl.com/Registreer1


Saturday, October 16, 2021

Hope Conference.

Ek wil hierdie Hope Conference sterk aanbeveel as jy tyd kan inruim om te kyk - voor 23Oktober (dan gaan dit nie verder beskikbaar wees nie). Dis van Canada se Crescent Project. Kragtige getuienisse en praktiese inligting oor Moslem evangelisasie. 

Laat gerus weet as jy dit kon kyk en wat jy geleer het.

Information about Hope Conference - a "give away"  FREE CONFERENCE experience to friends, pastors, and other leaders whom you know! 

All the main sessions will be available to watch until October 

SHARE WITH OTHER CHRISTIANS : 

https://crescentproject.us13.list-manage.com/track/click?u=65fcd98ad5045638262041029&id=5a7fc50564&e=e928c3d3a6

Thursday, September 30, 2021

Gemeentes en Sending - Video getuienis

'n Boodskap aan alle Leraars, Sendingleiers en alle lidmate... aan elke Christen!

Help: Stuur dit asseblief aan jou leiers en ander wat jy dink ook hiervan sal wil weet!

Die kerk - 'n gemeente - bestaan vir... Ja, om van die grootheid van God te getuig, Hom te verheerlik; Hom aan alle nasies bekend te maak - Waarom? Sodat elke stam en taal en volk en nasie Hom kan ken en volg en dien! Dit is Jesus se Groot Opdrag aan sy kerk - Wêreldevangelisasie; Sending.
Mat 24:14 ... hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.”
Maar... min gemeentes slaag daarin, is gehoorsaam, doen dit! Nie noodwendig omdat hulle nie wil nie - meeste stem saam daarmee - maar... in die praktyk - dit gebeur op sulke klein skaal! Waarom nie? Te min, te veel, te swak, te... Kan dit? Jesus se Opdrag... nog in ons geslag?
Dit Kan! As... Hier is 'n getuienis van 'n gemeente se Sendingbetrokkenheid oor byna DRIE DEKADES. Wat is die geheim? Kom Luister en Leer, en Doen ook so!
Video: Gemeentes en Sending - Gesprek met Ds Sakkie Weber




UITNODIGING
AS JY BELANGSTEL OM MEER INLIGTING TE KRY OOR 'N NUWE INISIATIEF OM GEMEENTE- EN SENDINGLEIERS TE MOBILISEER EN TE MOTIVEER TOT MEER EFFEKTIEWE PRAKTIESE SENDINGBETROKKENHEID.
Klik hieronder op die skakel - dui so jou belangstelling aan met jou kontakdetail...

Vir meer inligting: 
  • Ds Sakkie Weber: +27822575851
  • Ds Fanie le Roux: +27606865989
  • Ds Chris Visser: +27829269364


Koninkryksgroete,

Chris Visser (VisChris)

Koninkryksfokus - Kingdom Focus

Wednesday, September 22, 2021

Invitation for Bible Study

This invitation is posted on a number of Muslim and other Facebook Groups to hopefully reach a few thousand people. Please pray for more people to study the Bible.