Tuesday, October 28, 2025

Gebed-Simfonie - Verhale van hoop.

Skrywer: Dr Elreza Mulder

 Gebed-simfonie is ‘n moet-lees boek vir alle voorbidders.

Dis 'n boek met aangrypende verhale van gebedsverhorings soos vertel deur Dr Elreza Mulder, bekende omroeper van Radiokansel, TWR, Radio Tygerberg en RSG. Die groot passie in haar lewe is Jesus Christus en ook om vir sendelinge te bid, veral na haar radikale bekering as ‘n rebelse predikantsdogter na ‘n ongeluk.

Die verhale in die boek inspireer gewone mense om God vas te gryp en te beleef hoe krisisse in oorwinnings omskep word deur volhardende gebed.

Die boek word op hierdie Blog by ons Bookshop verkoop met die een doel - Om meer voorbidders daaraan bloot te stel. 

Ons het 'n beperkte aantal boeke in voorraad wat ons by ons Kerksondermure Biduurgroep versprei 

Prys - R100 met uit die hand verspreiding.
(slegs om Drukkoste, Aflewering en Admin te betaal)
Doen navraag by Chris Visser, 082-9269364

Om die boek per Courier af te lewer sal vir ons doel te duur wees en lesers word dus aangemoedig om dit self by die Drukkers te bestel by... 

Kontak by...
epos@Groep7.co.za
+27 82 449 0574





Monday, October 27, 2025

Boek-Wys my die Bewyse vir God

 Goeie Nuus...

Die Afrikaanse weergawe van die Boek is nou ook beskikbaar - in lekker moderne Afrikaans wat spreek tot almal (met dank aan die Skrywer, Sibylie Marais)

Beter Nuus... Jy kan dit koop as eBoek of as Hardekopie. 

AS JESUS NIE  OPGEWEK IS UIT DIE DOOD NIE...
 is die Christelike geloof USELESS 
en CHRISTENE is die PATETIESSTE van alle mense! 
Hulle moet liewers hulle lewens om party! 
Hierdie is reguit gesê uit…  Ja, uit die Bybel self! (1 Kor. 15) 
“So, wat se bewyse is daar  vir die Christelike geloof?” 
“Die Bybel sê mos dis waar!” “Sure. Nog iets?”

 OKAY, KOM ONS KYK NA BEWYSE: 
Bewyse vir God: 
Wat sê die Big Bang, die heelal, die ontstaan van lewe en DNA oor God? Wat wys die bestaan van die goeie en die bose oor God? 
Bewyse vir die Bybel: 
Ondersteun argeologie, buite-Bybelse manuskripte, historiese gebeure en profesieë die Bybel se geloofwaardigheid? 
Bewyse oor Jesus: 
Het Jesus regtig gesterf aan die kruis? Is Hy opgewek uit die dood? 
“Ag, nooit! Dis belaglik! Enige ander verduideliking vir die leë graf sal tog meer waarskynlik wees!” 
Jesus het selfs geclaim dat Hy God is! “Sal enigiemand wat dit claim, nie mal wees of jok nie?” 
JESUS HET GEVRA: “WIE, SÊ JULLE, IS EK?” 

So, wat sal jou antwoord wees nadat jy hierdie boek gelees het? 
’N LEUENAAR? OF MAL? OF GOD? 

*********************

Koop die 148 Bladsye eBoek - Prys R80
Betaal gerus op die veilige 
PAYFAST-PLATFORM SE "BUY NOW" KNOPPIE 
Jy kan daar betaal met enige Krediet of ander Bankkaart. Jou eBoek sal onmiddelik na Betaling op jou skerm ontvang word om te lees of af te laai.


*********************

Om 'n A5-gedrukte harde kopie boek te bestel: Prys R150 (indien per hand afgelewer, soos privaat gereël) Prys R250 (Dit sluit Afleweringskoste en Admin in om die boek te laat koerier na die adres van u keuse) In hierdie geval, maak asseblief betaling vir die boek in enige van die bankrekeninge soos hieronder aangedui


Stuur asseblief 'n e-pos na Vischris@gmail.com (met u naam, besonderhede van bewys van betaling, kontak telefoonnommer, sowel as u verlangde adres vir aflewering van die Boek via Postnet of Courier Guy. Dit sou ook via ander opsies gedoen kan word as jy so verkies, bv. Pepstore se Paxi diens - na die naaste Pepstore van jou keuse) 

Thursday, October 23, 2025

Wednesday, October 15, 2025

Monday, October 13, 2025

Lees 'n Boek: Netso stuur Ek julle ook... Om Koninklike Priesters van God te wees

Netso stuur Ek julle ook... 

Om koninklike priesters van God te wees.            

L. W. Die Boek is tans net as Eboek beskikbaar.

Netso stuur Ek julle ook... Om koninklike priesters van God te wees!
Gelowiges beleef tans traagheid en onsekerheid op die terrein van sending. Waarom?
DIT KAN ANDERS WEES!
Hierdie boek het ten doel om lesers opnuut op te roep, uit te daag, maar ook te bemoedig en toe te rus
VIR ’N NUWE VARS GETUIENIS-STRATEGIE.
Is Sending nog die moeite werd?
Hoe kan ek ook vandag steeds betrokke wees?
Ja. Dit Werk! Ook jy kan ’n verskil maak!
Lees opwindende getuienisse van deurbrake vandag spesifiek onder Moslems, veral d.m.v. 
Sosiale Media soos ons KoFie-Projek

Die boek is veral ook geskik vir Sendingkomitees van Gemeentes wat sukkel om hulle Getuienistaak te laat grondvat, veral met die "Nuwe Normaal" van ons Covid-isolering en onvermoë om sommer net reise soos tevore oor grense heen te neem.
Baie Hulpmiddels word verskaf en Projekte voorgestel wat juis vandag gebruik kan word om die Groot Opdrag verder uit te voer.

DIE BOEK KYK IN DIEPTE NA...
1) WAT is die Opdrag van die Bybel? (GOD SE MANDAAT)
2) WIE moet dit doen? (Elke GELOWIGE is ’n PRIESTER)
3) WAAR moet dit plaasvind? (WÊRELDPERSPEKTIEF)
4) HOE? Deel metodes en Hulpmiddels wat prakties werk.

Die eBoek is beskikbaar

@ SPESIALE AFSLAGPRYS : R59 

Betaal gerus op die veilige 
PAYFAST-PLATFORM SE "BUY NOW" KNOPPIE 
Jy kan daar betaal met enige Krediet of ander Bankkaart. Jou eBoek sal onmiddelik na Betaling op jou skerm ontvang word om te lees of af te laai.

Buy

DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING. 
😀Alle inkomste van ons boekverkope word aangewend vir ons 

Sosiale Media bediening - KoFie-Project]

Chris Visser - Koninkryksfokus - Kingdom Focus

Vir enige navrae, kontak gerus die skrywer by...

Selfoon: +27-82-9269364

WhatsApp: +27 76 4285260

Epos: Vischris@gmail.com