Friday, October 11, 2024

ONS POGING OM IN 2025 BY DIE VTM 'N WMM-EXPO TE HOU.

VTM =VOORTREKKER MONUMENT



WMM-EXPO = World Missions Mobilization Expo (Wat gaan fokus op die Nood en Behoefte van Wêreldsending en die ondersteuning van Sendelinge)

ONS POGING OM IN 2025 BY DIE VTM 'N WMM-EXPO TE HOU. 

Ja, dis eintlik 'n Gebedsversoek: Bid asseblief saam oor die realisering van die Droom.

Na verskeie gesprekke met ander leiers en ons eerste ontmoeting by die VTM, kan ek nie anders as om te ervaar en te glo dat die Here ons hierin lei nie...

Terugvoer van ons eerste ontmoeting met Henk Maree van die Voortrekker Monument. (VTM)

Dankie vir @⁨Roux Louw⁩ en @⁨Adriaan Fourie⁩ wat saamgegaan het. 

Terugverslag

Ons ontmoeting was regtig geseënd. Ons het verskillende opsies bespreek; Henk het moeite gedoen om ons rond te vat en moontlikhede te wys.

ONS HOOFDOEL: Geleentheid waar Sendelinge en Organisasies in 'n meer sekulêre (nie kerklike) omgewing hulle bedienings kan uitstal, bekendstel en hulle netwerke kan uitbou.

Om te kan slaag is dit nodig om so veel moontlik mense daar te kry... Sendelinge wat wil uitstal, ander Christen, kerk en Sending-bewustes, maar ook ander besoekers, mense wat kom vir die "fees" en vir pret en geniet. 

So gaan ons as Sendelinge ook sommer Lig en Sout wees op die dag... Ook teenoor ander uitstallers en besoekers

Voorlopige Datum... DV Maart 2025

1) Dus, Bid, nooi uit en deel... Sendingorganisasies en Sendelinge wat gaan inkoop om te kom uitstal en mense op hulle kontak lyste te motiveer om mee te werk.

Ruim uitstalspasies, in die buitelug sowel as binne lokale, sal beskikbaar wees onder die hulpvaardige bestuur van die VOORTREKKERMONUMENT. 

2) Ook om ander mense, klein besighede, vlooimark en kosstalletjies deel daarvan te maak en daarby te betrek.

3) Ons gaan nog verder besin oor die dag se program - terwyl uitstallings plaasvind, ook musiek of Sprekers/ Sangers

4) Ander verdere trekpleisters, soort pret-sport, jukskei-speel, dalk stap met glimliggies teen later aand, uitkyk  op stad ens.

5) Net om die hele VTM-Terrein en museums as by-trekpleister te kan besoek, is klaar iets baie Spesiaal. Alles gaan vir besoekers beskikbaar wees.

Beplanning Vorentoe

1) ONS GAAN OOR 3-4 WEKE WEER VERGADER (voorlopig 7 November) en meer finaal alles vasmaak.

2) Ons soek steeds 'n TREF-NAAM vir die Dag (Sending- dag gaan nie werk nie🤔) Iets soos *Vuur en  Lig-Fees*...

🙋‍♂️Ons nooi jou uit... Kom gerus met enige voorstelle vir so ' n Naam of nog idees vir die program.

3) Ons soek verder baie ander mense wat opgewonde die saak wil ondersteun en hulle eie ervaring hierin wil deel en wat kan help met die beplanning en bestuur van die dag. 

As jy so 'n mens is, laat weet ons.

4) Hiermee... afsonderlike WhatsApp Groepe vir al die deelnemers van die proses... (Registreer gerus voorlopig; dan kan ons jou vorentoe op hoogte hou)

Groep 1- VTM- WMM-EXPO: Beplanning, Organisering, Saam-dink & Klankbord Groep

Welkom om hier te join as jy hier betrokke wil raak (onthou, dit gaan behels, vergaderings en werk).  https://chat.whatsapp.com/G4NmraI9YUaFFJH14Zrfh6

Groep 2 VTM - WMM-EXPO: Deelnemende Sendingorganisasies (Alle SENDINGORGANISASIES wat beplan om 'n UITSTALLING OP TE SIT (Op hierdie stadium slegs om hulle voorlopige inkoop te demonstreer; meer inligting sal met hulle gekommunikeer word.

Join gerus nou al hier..   https://chat.whatsapp.com/GPNa1UtMX42IqwjLcw2QKn

Groep 3: VTM - WMM-EXPO: Kerkleiers en gemeente-verteenwoordigers. Hulle wil deelneem om veral hulle gemeente en die Sendelinge wat hulle ondersteun se Sendingprojekte te kom bekendstel. 

Join gerus hier... https://chat.whatsapp.com/CXArQsC3NQgDSEXR6syLKw


Groep 4VTM - WMM-EXPO: Enige persoon wat oorweeg om enige ander stalletjie aan te bied. (Kos of die verkoop van ander produkte, vlooimark-styl)

Join gerus hier... https://chat.whatsapp.com/HHGET0nJOTjDItVqOGMeVy


LAASTENS, NATUURLIK...VOORBIDDERS🛐


*Dis 'n Mondvol, klink nogal na 'n reuse plan wat mens eintlik bangmaak... Dan is dit heelwaarskynlik van die Here af. 

Mag Hy alleen daardeur verheerlik word.*

🙋Kom, reageer hierop, deel jou hart, vertel dit verder...

Bid ...👉🛐


Reageer nou direk hierna of 

Kontak ons per...

Epos vischris@gmail.com 

Tel 0829269364

WhatsApp 0764285260

No comments: