Vrydag 12 Junie 2020

Tyd vir 'n kort verslag van ons KoFie-projek - op ons Blad "Good News for All"

Een van ons onlangse Facebook advertensies op ons Blad: "Good News for All"

Slegs 'n kort skrifgedeelte uit die Johannes Evangelie waar Jesus, nadat baie van sy volgelinge ophou om Hom te volg vanweë die eise van dissipelskap wat Hy gestel het, aan sy dissipels vra of hulle nie ook wil teruggaan nie.

Petrus se bekende antwoord in Joh 6:68 word treffend voorgestel met die foto waar sy gesigsuitdrukking dit betenisvol afwys.
"Here, na wie toe sal ons gaan. U het die woorde wat Ewige Lewe gee."
Mens besef maar weer: Die krag van die Evangelie lê nie in 'n lang preek nie, maar in die Woord self, en die Heilige Gees wat dit in die hart van die leser laat weerklank vind.
Dank saam met ons die Vader vir die baie persone wat dit gelees het (sien die resultate hieronder), die gedagtes wat dit by elkeen wakker gemaak het, en die besluit wat elkeen daarvolgens op een of ander wyse gemaak het.
Dit bly merkwaardige statistiek: 15% van die 117,203 mense wat dit gesien het, reageer spontaan daarop met 'n "like", een of ander kommentaar of deur dit verder met hulle vriende te deel.
RESULTAAT: Performance for your post
117,203 People reached . 17,144 Likes, comments and shares

1,432 Post clicks.  661 Photo views.  163 Link clicks ;  608 Other Clicks
Klik gerus hierna om na die Advertensie-plasing self te kyk    https://www.facebook.com/RefreshingGoodNews/posts/983179805472764
"From this time many of his disciples turned back and no longer followed him. “You do not want to leave too, do you?” Jesus asked the Twelve. Simon Peter answered him, “Lord, to whom shall we go? You have the words of eternal life. We have come to believe and to know that you are the Holy One of God.” (John 6:66‭-‬69 NIV) https://bible.com/bible/111/jhn.6.66-69.NIV 

Geen opmerkings nie: