UITNODIGING AAN ALLE GEMEENTES SE LEIERS/LERAARS/PASTORE
WORLD MISSIONS ORGANISATIONS EXPO
15 MARCH 2025 - at the Voortrekker Monument
Liewe Gemeente-leiers/leraars/pastore:
1) Neem asseblief kennis van die Projek, bespreek dit met julle kollegas, en... ek glo julle sal met die Koninkrykswaarde daarvan saamstem. (Kontak ons gerus oor enige onduidelikheid of as ons dit verder kan toelig)
2) Deel dit asseblief met julle gemeente se lidmate, veral met die Sendingorganisasies en Sendelinge waarby julle gemeentes betrokke of mee bekend is en motiveer hulle tot betrokkenheid. (indien moontlik kan u hulle help deur dalk aan te bied om hulle registrasiefooi van R400 en/of dalk vir die wat moet vêr ry te help met reiskoste)
3) Motiveer ook soveel as moontlik van julle gemeentes se lidmate, veral die lede van die gemeente se Sendingkomitee, om deel te neem. Sulke blootstelling by so 'n Sending-Ekspo kan waardevolle visie en ervaring aan julle lidmate bied (waarvan julle hopelik die vrug weer later in julle gemeentes gaan sien).
4) Gemeentes wat self besondere uitreik-programme het en wat dit dalk met ander gemeentes wil deel, is welkom om self 'n Gemeente-Sending Uitstalling te kom aanbied (Kontak ons gerus vir enige navrae)
5) Maak asseblief ook die Projek aan die lidmate wat betrokke is by verkope by Markte soos kosstalletjies of ander klein besighede bekend.
6) Sluit asseblief aan op die WhatsApp Groep hieronder, waar algaande verdere inligting net aan Kerkleiers hieroor gedeel sal word.
3-LIG VIR DIE WÊRELD - FEES: Kerkleiers & gemeentes se Sendingverteenwoordigers.
Meer inligting hoe om julle gemeente en die Sendelinge wat julle ondersteun se Sendingprojekte te kom bekendstel en julle lidmate hieroor in te lig sal so gou moontlik op die Groep verskaf word.
Om by die Groep aan te sluit... https://chat.whatsapp.com/CXArQsC3NQgDSEXR6syLKw