Dinsdag 01 Junie 2021

3.☕️Wat is dan KoFie-Projek se Doel?

 3.     ☕️ Wat is dan KoFie-Projek se Doel? ☕️

Wel, om volgens Mat 24:14 “ die Evangelie van die Koninkryk in die hele wêreld te verkondig sodat al die nasies die getuienis kan hoor”. Ons doel is natuurlik om met mense wat reageer op ons plasings, te gesels, vrae te beantwoord en verdere saad te saai, soos dit prakties sou uitloop. Omdat ons ook ons WhatsApp nommer op ons FB Blad kan plaas, kry ons dikwels verskeie navrae per WhatsApp nadat ons ‘’n plasing gemaak het. Met enkeles kon ons al diep verhoudings bou en lang gesprekke voer.

Maar jy vra: Hoe ons dit doen.  

Hoe bereik ons die regte mense met ons Posts?

Ons gebruik Facebook se Advertensie-program vir Besighede (Ons blaaie is elkeen ’n “klein Besigheid” – klein, maar ons het bv. reeds kontakte met baie duisende lede (followers) opgebou met wie ons gereeld kan kommunikeer. Ons plaas tipies ’n aktuele ‘Post’ van ons keuse op ’n Blad en “Boost” dit dan (stuur dit as ‘n Advertensie uit, fyn gefokus volgens ouderdom, taalgroep, land wat ons wil bereik ens. en gebruik sekere trefwoorde (Bv. vir Muslims iets soos Ramadan, Muhammad, Quran ens.)

Kortliks som ek dit so op

Ons gebruik 12 Facebook Blaaie van verskillende aard om die evangelie toegespits gefokus aan verskillende mense te deel. (Om sommer jou vraag te antwoord: Wat is ons Resultate? dui ek na elke Blad se Inligting ook die Trefkrag vir elke Blad aan oor die afgelope maand)

Ons ervaring is dat, volgens die verslae wat Facebook aan ons verskaf, baie mense wel na sulke advertensies kyk (People reached); terwyl ’n persentasie van gewoonlik tussen 10 en 20% op die advertensies reageer. 

Hulle doen dit deur (1) die skakels te klik wat gegee word waar hulle meer kan lees (bv. ’n Bybelteks) of 

(2) deur iets af te laai of

(3) die gegewe video te kyk of

(4) kommentaar te lewer of vrae te vra (waarop ons dan probeer reageer – soms gaan die gesprek op WhatsApp voort) of 

(5) soms die plasing (of die Blad self) te “like”.

Lees verder: Wat het dit met my Verjaarsdag te doen?

4. 🥤 Maar jy wil steeds weet... Wat het dit met my verjaarsdag te doen... 🎂 ?

4. Maar wat het dit met my verjaarsdag te doen?

OK, Kom ek vertel jou dit nou mooi:

Deur ‘n AANDEEL in ons ☕️KoFie-Projek☕️ te NEEM (en ’n Gratis Boek daarvoor te mag aflaai - Jy onthou né!) so kan jy help dat die Evangelie Wyer en Vêrder aan Meer mense via Sosiale Media te bring. Elke Advertensie vir R100 aandeel van jou kan 18,000 tot 20,000 mense bereik.

(Let Wel,: Jy kan self jou eie materiaal-inhoud voorstel wat ons moet post, of na watter Mense-groep om dit te stuur, maar ons is nou al gekonfyt om dit te kies. Jy kan ons vertrou, maar welkom om daaroor met ons te gesels en voorstelle te maak).

Ons KoFie-Begroting vir die res van 2021... 7 Maande

Beleggings kan in die volgende Aandele-Blokke gemaak word:

*BLOK A: Om ons beskikbare R2,000 pm Advertensie-fondse te verhoog na R4,000 p.m.

    a.    R1000 pm = 10 Aandele van R100 (eenmalig of p.m.)

    b.    R1000 pm = 5 Aandele van R200 (eenmalig of p.m.)

*BLOK B: KoFie-Projekte: R3000 pm = 6 X R500 pm

*BLOK C: Admin benodig die aankoop van ‘n TABLET om ons baie ure op die Internet makliker en vinniger te doen. Ons Apparaat is al bietjie baie verouderd.  -  R10,000 Eenmalig (Sou iemand so gelei voel)

 

Kontak Chris by...

Vrydag 28 Mei 2021

Chris Visser van KoFie-Projek lewer sy Lewensgetuienis

Nog ‘n Getuienis/Verslag van KoFie-projek : 

Die Lewensgetuienis van Chris Visser

Luister gerus in hierdie sessie na ‘n Gesprek van Morné Ras met Chris Visser oor...

"Leef jou Roeping" - Die eerste van ‘n Reeks…

‘n Getuienis van Chris se lewenspad, hoe hy Geloofsekerheid ontvang het en hoe die Here hom vir voltydse bediening Geroep en daarvoor Voorsien het.

Klik hier om te luister: 


Chris se Lewensgetuisnis is ook as eBoek beskikbaar:  “Chrisjan Visserman & Jabes”

·    Hierdie boek sowel as al Chris se ander boek asook verskeie ander boeke en leesmateriaal kan van ons Boekwinkel afgelaai word (teen ‘n Donasie van jou keuse; Alle inkomste/betalings gaan vir ons KoFie-bediening (Koninkryksfokus Internet Evangelisasie)

·        Ons Boekwinkel is beskikbaar by … https://tinyurl.com/OnsBoeke

·        Om enige Betalings of Donasies te maak vir KoFie-projek…

             https://tinyurl.com/PayKoFie

Vir meer Informasie, Kontak Chris Visser van KoFie-Projek by…

·        eMail: vischris@gmail.com

·        Selfoon +27-0829269364

Kyk hier... https://www.youtube.com/watch?v=54eBVfPQz30

Woensdag 26 Mei 2021

JA, JY KAN OOK NOU DIE GOEIE NUUS MET ONS MOSLEM BURE DEEL! KOM EK HELP JOU...

 KOM ONS DEEL DIE GOEIE NUUS MET ONS MOSLEM BURE!

Hallo vriende, meer as ooit tevore is dit nodig dat elke Suid-Afrikaner (veral diegene wat Christen-gelowiges is) hulle self moet vergewis van Islam en die evangelie met Moslems deel.
Maar baie min mense sien kans, weet hoe, of slaag daarmee. Verskeie redes waarvan die belangrikste is...
1) Vrees en onsekerheid,
2) Onkundigheid, weet nie hoe nie,
3) Probeer wel, maar maak droog met hul aanslag omdat Moslems meesal goed geskool is om "Christene" (sommer alle nie-Moslems), se stellings maklik af te maak en jou belaglik of moedeloos agter te laat.
Inteendeel, meeste Moslems dink (glo) hulle is baie meer godsdienstig as alle ander mense, meer toegewyd (so pas 'n hele maand lank Ramadan gevas; bid 5 kere op elke dag en doen baie "goeie werke" ens. ) Boonop is baie Christene nogal beindruk ook met die mense se "Godsdienstigheid"; Baie dink hulle aanbid mos maar ook dieselfde God as ons.
👉Om jou te help, het ons die volgende Blog geskep;
ISLAM - FACTS AND MYTHS
👩👨Gaan loer gerus daar en lees en leer. Daar is 'n hele aantal Kragtige Getuienisse wat jou eie geloof sal versterk. Ja, God doen wonders en baie Muslims sien werklik die lig.
👉Maar, meer as dit, stuur dit aan (forward) dit aan jou Moslem "vriende" of werkskollegas. Al wat jy sê is... "Ek het op hierdie afgekom; kyk gerus daarna; Wat dink jy daarvan?"
🎲MAAR, AS VERDERE HULPMIDDEL... ONDER AAN IS 'N PRENTJIE (KAARTJIE) MET DIE BLOG SE LOGO ASOOK DIE SKAKEL MET DIE BLOG SE ADRESDAAROP. DRUK DIT UIT EN DEEL DIT UIT AAN MOSLEMS - BY DIE WERK, WINKELSTALLETJIE ENS.
💥Kontak my as julle gemeente sommer 'n hele pakkie daarvan wil hê of...
💥Kontak ons as ons 'n Opleidingskursus (lewendig of via Zoom) oor 'n Naweek of oor 'n paar aande) by julle gemeente kan kom aanbied. Fred Nel van CCM (082-441 7030) bied 'n Uitstekende Kursus daaroor aan - Jou eie geloof sal ook sommer versterk word.
🎬"The Gold Nuggets for communicating the Gospel to Muslims"
😋Mag die nuuskierigheidsfaktor, saam met jou gebede en jou goeie gesindheid teenoor hulle, maak dat hulle wel daarna gaan kyk. Die voordeel daarvan is dat hulle verder (kan) gaan loer, op hulle eie, sonder om bang te wees dat die vriende en familie dit sal sien. 👨‍👩‍👧‍👧